document : TMG Onthul GT86 CS-V3-Renmotor


TMG Onthul GT86 CS-V3-Renmotor
information supplied by: Toyota South Africa - DJ 05 September 2012

TMG ONTHUL GT86 CS-V3-RENMOTOR

Toyota se treffende GT86 is nou vir motorrenne beskikbaar nadat Toyota Motorsport GmbH (TMG) die kostedoeltreffende TMG GT86 CS-V3 vir private deelnemers bekend gestel het.

Die TMG GT86 CS-V3 is ná die motor se suksesvolle ontwikkelingsfase, waartydens hy sy klas in die Nürburgring-uithouren oor 24 uur gewen het, is verfyn en as intreevlak-renmotor verpak ten gunste van maklike instandhouding, lae loopkoste en groot pret.

Die opwindende agterwielaangedrewe motor wat 200 perdekrag (149kW) lewer, is spesifiek vir die V3-klas van die Nürburgring se VLN-reeks en homologasie deur die Deutsche Motor Sport Bund ontwikkel, wat ’n mens die vryheid gee om in hierdie en talle ander produksiemotorkampioenskappe te gaan deelneem. ’n TMG GT86 CS-V3 wat rengereed is, behoort van meet af aan mededingend in ’n produksiemotor-renklas te wees.
 
Die padweergawe van die GT86 – in Suid-Afrika staan hy net as die 86 (agt-ses) bekend – is wyd ná sy amptelike bekendstelling vroeër vanjaar geprys. Die meeste padtoetse besing sy sportiewe karakter, ratse hantering en prettige rygehalte. TMG het sy uitgebreide motorsport-ervaring ingespan en selfs nog meer opwinding tot die GT86-pakket gevoeg deur ’n aksievolle renmotor daaruit te skep.
 
TMG het die onderstel stywer gemaak en die gewigsverdeling vir motorsportdoeleindes vervolmaak, en ook ’n motorsport-uitlaatstelsel, -vering en -remme gebruik. Die gevolg is ’n aantreklike en mededingende renmotor wat ingevolge TMG se gewone hoë gehaltestandaarde gebou is en aan sy hoofdoel voldoen: om ’n genotvolle en maklik toeganklike renervaring te bied.
 
Yoshiaki Kinoshita, TMG se President: “Ons wou die passie van motorsport met so veel as moontlik mense deel, en hierdie motor is die gevolg daarvan. Hy het hom reeds in motorsport bewys deur die V3-klas in die Nürburgring-uithouren oor 24 uur te wen, en ons hoop dat ons nog baie van hierdie motors in die komende paar maande op die renbaan sal sien.
 
“Die GT86 is die perfekte motor vir produksiemotor-renne. Hy lyk fantasies en het skitterende hantering, dus het ons met verdere verrigting- en veiligheidsopgraderings ’n baie opwindende en mededingende motor geskep wat ook uiters kostedoeltreffend is.”
 




TMG GT86 CS-V3-spesifikasies


Naam


TMG GT86 Customer Sport - VLN Produksieklas 3 (CS-V3)


Prys


€38 500 (belastings uitgesluit) of €45 815 (Duitse BTW ingesluit)


Afmetings


4 240mm x 1 775mm x 1 285mm (lengte x breedte x hoogte)


Asafstand


2 570mm


Enjin


Produksiemotor-viersilinder-bokserenjin van 2,0ℓ met
regstreekse inspuiting en agterwielaandrywing


Uitlaat


Motorsport-uitlaatstelsel


Topspoed


225km/h


Maksimum-wringkrag


205Nm


0-100km/h


onder 7 sekondes


Transmissie


Produksiemotoir-sesgang-handrat


Vering


Motorsport-veerstelsel-pakket


Remme


Lugverkoelde skywe voor en agter met motorsport-remblokkies
Bykomstige remverkoeling


Wiele en bande


Groeflose motorsportbande
S8C; 24/61 17
17-duim-allooisierwiele


Veiligheid


FIA-goedkeurde rolhok
Motorsport-sitplek
Sespunt-veiligheidsharnas
Elektroniese brandblusser-stelsel


Ander


Stywer onderstel
Volmaakte gewigsverspreiding

EINDE
Attachments
TMG Onthul GT86 CS-V3-Renmotor.doc (39kB)

Complete Release: TMG Onthul GT86 CS-V3-Renmotor.zip (130kB)


 1 images
337739
337739
       



Tags | Zipped Releases | Toyota South Africa - DJ |