document : RFS Magalies 400 se Produksievoertuigkategoriewenner vat alles


RFS Magalies 400 se Produksievoertuigkategoriewenner vat alles
information supplied by: Cross Country Commission (Media) 01 November 2008

Dit sal ‘n geval wees van die Produksievoertuigkategoriewenner wat met alles tydens die laaste byeenkoms van die Absa-Veldrenkampioenskap, die RFS Magalies 400 wat op 21 en 22 November plaasvind, sal wegstap.

Na die onlangse Toyota-handelaars 400 in Mpumalanga, kan drie jaers die algehele sowel as die premier-Klas SP-kampioenskappe wen met net vier punte wat Neil Woolridge in die Ford Racing Ranger en die Sasol-Nissan Navara-paar, Hannes Grobler en Duncan Vos, van mekaar skei.

In die navigatorskampioenskappe heers daar ‘n gelykopstryd tussen Kenny Skjöldhammer, wat langs Woolridge sit, en Grobler se vennoot, Juan Möhr, met net drie punte wat hulle van mekaar skei.

In die algehele kampioenskap het Woolridge 121 punte, Grobler 118 en Vos 117. En net om sake interessanter te maak, beskik Woolridge en Vos oor ‘n 100 persent-klaarmaakrekord tot dusver die seisoen en afhangende wat tydens die RFS Magalies 400 gebeur, sal hul elk ‘n van resultaat op die finale puntestand moet afstand doen.

Mark Cronje in die fabrieks-Castrol-Toyota Hilux en Chris Visser in die privat-Castrol-Toyota Hilux is nie meer in die jaerskampioenskapsprentjie nie. Dié paar, tesame met spanne soos Anthony Taylor/Robin Houghton (Castrol-Toyota Hilux) en Hugo en Jaap de Bruyn (Micaren Exel-Toyota Hilux) kan egter die finale stand van die algehele en Klas SP-kampioenskappe beïnvloed.

In die navigatorstryd is Skjöldhammer (121) drie punte voor Möhr (118). En, afhangende van die Magalies-resultate, kan Skjöldhammer dalk ook nog ‘n resultaat van sy finale puntestand laat vaar.

‘n Verskil in die puntetoekenning algeheel en in die klasse, sorg dat die prentjie in Klas SP effens anders daarna uitsien. Hier is Grobler voor Vos en Woolridge met slegs drie punte wat dié drie van mekaar in die jaerskampioenskap skei met Möhr wat twee punte voor Skjöldhammer in die navigatorstryd is.

“Dit is’n interessante situasie, maar demonstreer weer eens die mededingende aard van veldrenne in die land,” het die president van Motorsport SA se Veldrenvoertuigkommissie, Richard Schilling, gesê. “Dit het veroorsaak dat ‘n ongelooflike finale ren verwag kan word met groot druk op diégene wat titels najaag.”

In Klas D het die Zermatten broers, Henri en Maurice in die Ryobi-Nissan Hardbody, nog glad nie die kampioenskap gewen nie. Hulle kan ook nog verplig word om van ‘n resultaat ontslae te raak, maar beskik oor ‘n handige voorsprong bo Coetzee Labuscagne/Johan Gerber (Raysonics-Nissan Hardbody) en Ramon en Maret Bezuidenhout (Team Barberspan-Toyota Hilux) wat om die tweede plek baklei.

Die veterane, Jannie Visser en Joks le Roux in die Team Barberspan-Toyota Hilux is ook nie verseker van die Klas E-kampioenskap nie. Die beginner, Dewald van Breda (Potch Plastics-Toyota Hilux) en die huidige kampioen, Jack Peckham (Ford Racing Ranger) is onderskeidelik tweede en derde in die jaerstryd.

Daar is ‘n kleiner punteverskil tussen die navigators. Hier skei twee punte Johann du Toit, wat langs Van Breda sit, en Lucio Santoro wat die Ford Ranger met Peckham deel.

Die RFS Magalies 400 is ‘n nuwe byeenkoms op die Absa-Veldrenkampioenskapkalender en sal by die Tarlton Internasionale-renbaan op die buitewyke van Krugersdorp gebaseer wees.

 4 images
226367
226367
226327
226327
226266
226266
226259
226259
 



Tags | 2008 RFS Magalies 400 | Cross Country Commission (Media) | Motorsport |