document : Vos terug bo-aan Produksievoertuigkampioenskap


Vos terug bo-aan Produksievoertuigkampioenskap
information supplied by: Cross Country Commission (Media) 20 May 2008

‘n Oorwinning in die Produksievoertuigkategorie tydens die onlangse Nissan-Sugarbelt 400 in KwaZulu-Natal, die derde ronde van die Absa-Veldrenkampioenskap, het die huidige Suid-Afrikaanse kampioen, Duncan Vos, weer tot bo-aan die algehele en Superproduksieklaskampioenskappe geneem.

Vos en Ralph Pitchford, in die fabrieks-Sasol-Nissan Navara, het hul tweede oorwinning van die seisoen met ‘n oorheersende vertoning tydens die Nissan-Sugarbelt aangeteken. Pitchford het egter die Oos-Kaap 500 as gevolg van ‘n oorsese verpligting gemis en is derde in die navigatorskampioenskap.

Die KZN-gunstelinge, Neil Woolridge, is tweede in die algehele en Klas A-jaerspuntestande terwyl Kenny Skjöldhammer, wat langs hom in die fabrieks-Ford Racing Ranger sit, lei die navigatorskampioenskap. Die Castrol-Toyota Hilux-paar, Mark Cronje en Chris Birkin, wat die Oos-Kaap 500 gewen het, is derde in die beide van die jaers en die navigators.

Terwyl die oorwinnings aan Vos/Pitchford en Cronje/Birkin behoort het, was die Ford-span die toonbeeld van bestendigheid dié seisoen. Dit is ook van toepassing op die Castrol-Toyota Hilux-paar, Chris Visser en Japie Badenhorst wat vierde in beide kampioenskappe is, met die voormalige kampioen, Hannes Grobler, en Juan Möhr (Sasol-Nissan Navara) vyfde.

Twee klasoorwinnings die seisoen het Coetzee Labuscagne en Johan Gerber (Raysonics-Nissan Hardbody) tot bo-aan die Klas D-puntestand geneem. Chris du Plooy Junior en Henk van Vuuren in die RFS-Toyota Hilux het tot in die tweede plek inbeweeg en is voor Henri en Maurice Zermatten (Ryobi-Nissan Hardbody) wat nie die Nissan-Sugarbelt 400 kon voltooi nie.

Die huidige jaerskampioen, Cliff Weichelt, en Jimmy Goch (N1 4x4-Toyota Hilux D4D) en Ramon Bezuidenhout/Stefan Lock in ‘n Toyota Hilux, kon ook nie die KZN-byeenkoms klaarmaak nie.

Bezuidenhout/Lock was laas seisoen die beste beginners, maar kon tot dusver die seisoen nie een ren voltooi nie.

Die ervare Jannie Visser en Joks le Roux in die Team Barberspan-Toyota Hilux, het ook hul tweede oorwinning van die jaar tydens die Nissan-Sugarbelt aangeteken. Dit het aan hulle ‘n gerieflike voorsprong bo die huidige jaerskampioen, Jack Peckham en Lucio Santoro (Ford Racing Ranger) in Klas E gegee.

Dewald van Breda en sy plaasvervangernavigator, Pierre Mans (Toyota Hilux) het ook nie die einde van die Nissan-Sugarbelt gehaal nie en so ook nie die Barden Tyre Service-Nissan Hardbody-paar, Thomas Rundle en Brian Roberts. Deon Venter en Ian Palmer (4x4 Megaworld-Toyota Hilux) se manhaftige vertoning in KZN het hulle tot in die vierde posisie in Klas E geneem met Daniel Swanepoel/James Moss (IDM Cement-Toyota Hilux) het ook hul eerste punte van die seisoen aangeteken.

Die volgende byeenkoms op die kalender is die Toyota 1000-Kalahari Botswana-Woestynren wat van 13 tot 15 Junie plaasvind.

 4 images
209857
209857
209779
209779
209763
209763
209719
209719
 



Tags | 2008 Nissan Sugarbelt 400 | Cross Country Commission (Media) | Motorsport |