document : Sullwald-familie wen Oos-Kaap 500


Sullwald-familie wen Oos-Kaap 500
information supplied by: Cross Country Commission (Media) 20 April 2008

Dit was ‘n familie-affêre toe die voormalige Suid-Afrikaanse kampioen, Karl-Heinz Sullwald en sy seun, Quintin, die Spesiale Voertuigkategorie van die Oos-Kaap 500, die tweede ronde van die Absa-Veldrenkampioenskap wat in Port Elizabeth geëindig het, gewen het.

Die Sullwalds, in ‘n Sullwald Racing-Zarco, het oor die opposisie geloop om ongeveer drie minute voor die voormalige SA-kampioen, Terence Marsh en Pieter Groenewald in die Regent Racing-BAT, te eindig. Die KwaZulu-Natal-span, Glen Gibson en Gary Campbell in die Abslute-BAT, was ‘n verdere minuut van die pas af in die derde plek.

Marsh en Groenewald het die openingsronde van die seisoen, die Nissan-handelaars 400, gewen en het ‘n vroeë voortou in die algehele en Klas A-kampioenskappe geneem. Die pa- en seun-kombinasie van Nick en Ryan Harper in die Atlas Copco-BAT, was ‘n verdere 15 minute agter Gibson en Campbell met Hermann Sullwald en Paul Helberg wat die top vyf afgerond het.

Gary Bertholdt en André Vermeulen het Vrydag se voorren, wat die wegspringposisies vir die hoofren bepaal het, in die Atlas Copco-Porter oorheers. Hulle moes uiteindlik die aftog as gevolg van ‘n stukkende as blaas en die Sullwalds kon voortgaan om goeie vordering te maak.

Die Sullwalds, wat die Toyota 1000-Woestynren in Botswana laas jaar gewen het; Marsh/Groenewald en Gibson/Campbell het nie vir enige vuurwerke op ‘n knap en uiters tegniese roete gesorg nie. Dit was nie ‘n dag vir helde nie en reën in die laatnamiddag het die omstandighede in die Longmore-plantasies selfs moeiliker gemaak.

“Dit was ‘n goeie ren vir ons,” het ‘n verheugde Sullwald Senior gesê. “Quintin het uitstekend onder die moeilike omstandighede genavigeer en dit was ‘n harde dag.”

Die Sullwald-familie het ‘n goeie ren beleef en Herman Sullwald en Paul Helberg in ‘n tweede Sullwald Racing-Zarco, het vyfde klaargemaak. Hulle was nege sekondes voor die KwaZulu-Natal-paar, Don Thompson en Don Blakey in ‘n Zarco – en dit was ‘n gebeurlike naweek vir dié paar.

Thompson en Blakey het ook Klas P, wat onlangs ingestel is, gewen – en dit nadat hulle agter in die veld weggespring het. Dié paar was oppad na die ren in ‘n padongeluk in die Transkei betrokke en het Vrydag se voorren, wat die wegspringposisies bepaal, gemis.

‘n Handvol spanne wat tydens die ren gebreek het, het hulle gehelp terwyl hulle hul pad deur die Spesiale Voertuigveld oopgejaag het. David White en Bodo Bertholdt (Ruwacon-BAT), wat Klas P vroeg gelei het, moes later ook opgee.

Ander Klas P-ongevalle het die huidige Klas S-kampioene, Richard Schilling en Chris Davies (Aceco-RS); Nic Goslar/Richard Carolin (Men’s Health Clinic-Raceco) en Johan en Etienne Bezuidenhout in die Adenco-BAT ingesluit.

Die Klas A-blitse, Shameer Variawa en Siegfried Rousseau (Total-Porter) en die Klas B-wenners, Louw de Bruin en Rudi Britz (Ruwacon) was twee spanne in die hoër klasse wat agter Thompson/Blakey geëindig het. De Bruin en Britz het Klas B oor die huidige kampioen, Jan Kraaij en Tiddo Voogt in die Keymax-BAT opgeraap.

Thompson en Blakey was uiteindelik die enigste span wat in die nuwe Klas P kon klaarmaak. Die veteraan, Giel Nel en Deon de Kock (LUK Africa-Zarco Truggy) was derde in Klas B en het nog resultate by hul goeie seisoenaanvang gevoeg.

 4 images
206972
206972
206832
206832
206791
206791
206789
206789
 



Tags | 2008 Eastern Cape 500 | Cross Country Commission (Media) | Motorsport |