document : Vos/Pitchford wen Produksievoertuigkategorie van Nissan-sugarbelt 400


Vos/Pitchford wen Produksievoertuigkategorie van Nissan-sugarbelt 400
information supplied by: Cross Country Commission (Media) 18 May 2008

ESTON – Die Sasol-Nissan-fabriekspan het hul oorwinningstreek teruggekry toe Ducan Vos en Ralph Pitchford die Produksievoertuigkategorie van die Nissan-Sugarbelt 400, die derde ronde van die Absa-Veldrenkampioenskap wat Saterdag by Eston geëindig het, gewen het.

Vos en Pitchford in ‘n Sasol-Nissan Navara, het die botoon gevoer deur vyf minute en 59 sekondes voor die Ford Racing Ranger-paar van Neil Woolridgeen Kenny Skjöldhammer te eindig. Derde was die Oos-Kaap 500-wenners, Mark Cronje en Chris Birkin in ‘n Castrol-Toyota Hilux met dié paar, wat die wegspringbepalende voorren Vrydag gewen het, ‘n minuut en 29 sekondes agter die Ford.

Twee ander Toyota-spanne het die top vyf plekke algeheel asook in die Superproduksieklas afgerond. Hugo en Jaap de Bruyn (Micaren Exel-Toyota Hilux) was vierde met Chris Visser en Japie Badenhorst in ‘n Castrol-Toyota Hilux vyfde.

“Duncan het uitstekend gejaag,” het Pitchford, wat die laaste byeenkoms weens oorsese verpligtinge gemis het en nou weer in die voertuig langs Vos, die huidige Suid-Afrikaanse jaerskampioen, was, gesê. “Mens moes die heelpad konsentreer.

“Dit was ‘n baie taai ren, maar Duncan was ongelooflik en die voertuig was net so goed.”

Vos en Pitchford het net na die wegspring beheer oorgeneem toe Cronje en Birkin 10 kilometer in die roete ‘n pap band opgedoen het. Die Toyota-span het toe brandstoftoevoerprobleme ondervind – wat self opgelos is – maar moes toe met die res van die spanne opvang.

Die plaaslike held, Woolridge, en Skjöldhammer, was weer eens die bestendigheid vanself met hul derde podiumposisie dié seisoen. Tydens die laaste gedeelte was Woolridge/Skjöldhammer onder geweldige druk van Cronje/Birkin, maar hulle het in beheer van die situasie gebly.

Na bestendige vertonings het Kobus van Tonder/Riaan Guelpa (Unifreight-Ford Ranger) en Mark Ferguson/Craig West (Ford Racing Ranger) in die sesde en sewende posisies onderskeidelik klaargemaak. Ivar Tollefsen en Francois Jordaan (Sasol-Nissan Navara) het goed gelê, maar het gerol en het terugval.

Hulle het uiteindelik agtste klaargemaak en was voor die baanrenjaer, Anthony Taylor en Robin Houghton in die tweede Castrol-Toyota Hilux. Taylor/Houghton het die Hilux twee keer gerol, maar het deurgedruk om klaar te maak en punte in te samel.

Die teespoed het die derde Sasol-Nissan Navara in die hande van die voormalige SA-kampioen, Hannes Grobler, en Juan Möhr, vroeg getref. Hulle het ‘n klip 10 kilometer in die ren getref en ‘n koeëlgewrig gebreek.

Dit het hulle uit die prentjie gesit, maar in ware Grobler-formaat het hulle geweier om op te gee. Die paar het die nodige herstelwerk gedoen, tot by die aangewese dienspunt gery waar die skade herstel is en kon die ren uiteindelik voltooi – al was dit drie ure agter die voorlopers.

Die ander groot slagoffer, was nóg ‘n plaaslike held – Alfie Cox. Dié veldrenlegende en Hennie ter Stege is geforseer om die handdoek in te gooi toe hul Motorite-Ford Ranger veringstelselskade opgedoen het.

Verskeie Klas D-spanne, soos die Zermatten-broers, Henri en Maurice, in die Ryobi-Nissan Hardbody en Cliff Weichelt/Jimmy Goch (N1 4x4-Toyota Hilux D4D) wat nie die ren kon voltooi nie. Coetzee Labuscagne en Johan Gerber (Raysonics-Nissan Hardbody) het voortgestoei om hul tweede oorwinning van die seisoen aan te teken en is gevolg deur Chris du Plooy en Henk van Vuuren in die RFS-Toyota Hilux.

Jannie Visser en Joks le Roux (Team Barberspan-Toyota Hilux) het ook hul tweede Klas E-sege vir die seisoen aangeteken. Hulle was tuis voor die Ford Racing Ranger-span van Jack Peckham en Lucio Santoro met die Megaworld 4x4-Toyota Hilux in die hande van Deon Venter en Ian Palmer in die derde plek. Dit was hul beste resultaat tot dusver dié seisoen.

 7 images
209969
209969
209950
209950
209870
209870
209869
209869
209779
209779
209763
209763
209741
209741



Tags | 2008 Nissan Sugarbelt 400 | Motorsport | Cross Country Commission (Media) |