document : Nissan-spanne lei Produksievoertuigkampioenskap


Nissan-spanne lei Produksievoertuigkampioenskap
information supplied by: Cross Country Commission (Media) 02 March 2008

Na net een byeenkoms in vanjaar se Absa-Veldrenkampioenskap, die Nissan-handelaars 400 wat in die Wes-Kaap plaasgevind het, lyk die algehele en premier Klas SP-kampioenskappe reeds bekend.

Nissan het die kampioenskap die afgelope seisoene oorheers en ‘n oorwinning tydens die openingsronde het die huidige jaerskampioen, Duncan Vos, en Ralph Pitchford in die fabrieks-Sasol-Nissan Navara, tot die bopunt van die algehele en Klas SP-kampioenskappe geneem. Tweede is die veteraan en voormalige kampioen, Hannes Grobler en sy nuwe navigator, Juan Möhr.

Nissan was oppad na ‘n skoon lopie wat podium posisies betref met die Noorweër, Ivan Tollefsen, en die Brit, Quin Evans, wat in ‘n stewige derde plek was. Hulle was verplig om die handdoek in te gooi en die derde plek het aan die voormalige SA kampioene, Neil Woolridge en Kenny Skjöldhammer in die fabrieks-Ford Racing Ranger behoort.

Die vierde plek het aan die Castrol-Toyota Hilux-span van Chris Visser en Japie Badenhorst behoort. Soos Woolridge en Skjöldhammer het die Toyota-span tyd verloor toe hulle gestop het om hulp te verleen aan die Spesiale Voertuigdeelnemers, Evan Hutchison/Achim Bergmann en Naeem Moosajee/Rayhaan Bodhanya wat in ‘n groot ongeluk betrokke was.

Met die Castrol-Toyota Hilux-paar, Mark Cronje en Chris Birkin, wat gediskwalifiseer is omrede hulle van die roete afgewyk het, het Alfie Cox en Hennie ter Stege (Motorite-SP) die vyfde posisie algeheel en in Klas SP ingeneem. Die Motorite-paar het vir die eerste keer in die Produksievoertuigafdeling deelgeneem nadat hulle laas jaar in die Spesiale Voertuigkategorie meegeding het.

Die veldrenstaatmakers, Coetzee Labuscagne en Johan Gerber, was die enigste Klas D-span wat die ren kon voltooi en het ‘n vroeë voortou geneem. Hulle was veilig tuis toe Ramon Bezuidenhout en Stefan Lock (Toyota Hlux) hul remme verloor het en in ‘n boom vasgery het.

Twee ander Klas D-spanne is, soos Cronje/Birkin, gediskwalifiseer omrede hulle van die roete afgewyk het. Dit was ‘n teleurstellende einde vir die jaerskampioen, Cliff Weichelt/Jimmy Goch (N1 4x4-Toyota Hilux D4D) en die Zermatten-broers, Henri en Maurice, in die Ryobi-Nissan Hardbody.

‘n Soliede vertoning in die Wes-Kaap het Jannie Visser en die huidige navigatorskampioen, Joks le Roux in die Team Barberspan-Toyota Hilux, tot bo-aan die Klas E-puntestand geneem. Tweede was Thomas Rundle en Brian Roberts (Barden Tyre Services-Nissan Hardbody) wat hul seisoen op ‘n hoë noot begin het.

Derde was die KwaZulu-Natal-span, Jack Peckham en Lucio Santoro in die fabrieks-Ford Racing Ranger. Peckham is die huidige Klas E-jaerskampioe

 12 images
204025
204025
203981
203981
203978
203978
203870
203870
203836
203836
203823
203823
203789
203789
203785
203785
203765
203765
203703
203703
203698
203698
203642
203642



Tags | 2008 Nissan Dealer 400 | Cross Country Commission (Media) | Motorsport |