document : Leeke oorheers Toyota Kalahari Botswana 1000-woestynren se ererol


Leeke oorheers Toyota Kalahari Botswana 1000-woestynren se ererol
information supplied by: Cross Country Commission (Media) 01 June 2008

Met agt oorwinnings wat oor 25 jaar versprei is, is die veteraan Suid-Afrikaanse navigator, Richard Leeke, bo-aan die Toyota Kalahari Botswana 1000-Woestynren se ererol.

Leeke se eerste oorwinning van die klassieke ren was in 1984 en hy het sy agtste sege laas jaar as ‘n plaasvervangernavigator aangeteken. Met Ralph Pitchford wat oorsese verpligtinge nagekom het, het Leeke sy stoel langs Duncan Vos in die Sasol-Nissan Navara volgesit toe Nissan hul sesde agtereenvolgende oorwinning in Botswana aangeteken het.

Leeke se eerste Toyota-Woestynrenoorwinning in 1984 saam met Paddy Driver was in ‘n Mitsubishi Pajero. Hy het ook seges saam met Kassie Coetzee (2) en Philip Malan (1) in Toyota Hilux-voertuie aangeteken terwyl hy ook saam met Hannes Grobler (3) in Nissan Hardbody-inskrywings geseëvier het.

Leeke neem vanjaar vir die eerste keer in meer as 20 jaar in die Spesiale Voertuigkategorie deel. Hy sit langs Brandon Harcus in ‘n Motorite-BAT.

Kort op Leeke se hake in terme van oorwinnings is die voormalige Suid-Afrikaanse kampioen, Apie Reyneke. Reyneke, ‘n veelvuldige SA-kampioen, het die Woestynren ses keer gewen met sy eerste oorwinning saam met Lucas Dreyerin ‘n Nissan Safari in 1987.

Reyneke het in 1994 weer saam met Dreyer in ‘n Toyota Land Cruiser gewen en het toe vier oorwinnings – almal vir Toyota – saam met Robin Houghton aangeteken. Houghton, die Toyota-staatmaker wat sy veldrendebuut in 1995 gemaak het, en die voormalige SA-kampioen, Hannes Grobler, het elk vier oorwinnings agter die blad.

Houghton en Grobler neem steeds aktief deel en sal vanjaar hul vyfde oorwinning najaag. Grobler het in 1986 vir die eerste keer gewen en wel saam met die voormalige president van Motorsport SA se Veldrenkommissie, Piet Swanepoel, maar hy moes tot 2002 wag voor hy weer wen en dié keer was dit saam met Leeke.

Die pa- en seun-kombinasie van Franz Czepek senior en junior het ook vier oorwinnings op hul kerfstok. Dié paar het drie keer agtereenvolgens tussen 1997 en 1999 en toe weer in 2001 gewen.

Buks Carolin en Neil Woolridge, wat steeds deelneem, het elk drie keer gewen. Woolridge het vir die eerste keer in 1996 saam met Paul Vermaak in ‘n Nissan Sani gewen en twee keer saam met Kenny Skjöldhammer vir Ford.

Die Spesiale Voertuigkategorie is nog net drie keer deur ‘n enkelsitplekvoertuig gewen. In 1996 het Marius Beaurain met sy Mighty Mag by Des Tarboton (1982) en Rob Wark (1994) aangesluit.

Maar sekerlik die bekendste oorwinning dateer terug na 1985 terug. Daardie jaar het die Suid-Afrikaanse tydrenkampioene, Geoff Mortimer en Spotti Woodhead, die byeenkoms met ‘n Audi Quattro getakel en die opposisie platgevee.

MOTORVOERTUIE

1975 - Giel Lamprecht/Chris Hawkin - Ford F250
1976 - Giel Lamprecht/Chris Hawkin - Ford F250
1977 - Micky & Sheila Osborne-Thompson - Audi Special
1978 - Robin Tilney/Hugh Beswick - Toyota Land Cruiser
1979 - Petra Marais/Mervyn Woods - Kartkraft Sprinter
1980 - Des Tarboton - Sandmaster
1981 - Petra Marais/Selwyn Robinson - Kartkraft Sprinter
1982 - Des Tarboton - Sandmaster
1983 - Hennie Reyneke/Mike Fourie - Nissan Safari
1984 - Paddy Driver/Richard Leeke - Mitsubishi Pajero
1985 - Geoff Mortimer/Brian Woodhead - Audi Quattro
1986 - Hannes Grobler/Piet Swanepoel - Nissan Safari
1987 - Apie Reyneke/Lucas Dreyer - Nissan Safari
1988 - Andre Kock/Koos Coetzee - Toyota Land Cruiser
1989 - Philip Malan/Richard Leeke - Toyota Hilux
1990 - Richard Schilling/Fred Levesque - Chenowth
1991 - Klaus Degener/Derrick Pinnoy - Chenowth
1992 - Kassie Coetzee/Richard Leeke (Production) - Toyota Hilux
- Craig Hopkinson/Martin Spencer (Special) - VW
1993 - Kassie Coetzee/Richard Leeke (Production) - Toyota Hilux
- John Lambert/Eric Scholtz (Special) - Digidoor Porsche
1994 - Apie Reyneke/Lucas Dreyer (Production) - Toyota Land Cruiser
- Robert Wark (Special) - Raceco
1995 - Apie Reyneke/Robin Houghton (Production) - Toyota Land Cruiser
- Richard Carolin/Buks Carolin (Special) - Raceco
1996 - Neil Woolridge/Paul Vermaak (Production) - Nissan Sani
- Marius Beaurain (Special) - Mighty Mag
1997 - Apie Reyneke/Robin Houghton (Production) - Toyota Land Cruiser
- Franz Czepek (Snr)/Franz Czepek (Jnr)(Special) - Raceco
1998 - Apie Reyneke/Robin Houghton (Production) - Toyota Land Cruiser
- Franz Czepek (Snr)/Franz Czepek (Jnr)(Special) - Raceco
1999 - Apie Reyneke/Robin Houghton (Production) - Toyota Land Cruiser
- Franz Czepek (Snr)/Franz Czepek (Jnr)(Special) - Raceco
2000 - Mark Corbett/Juan Mohr (Special) - Jimco
- Neil Woolridge/ Kenny Skjoldhammer (Production) - Mitsubishi Pajero
2001 - Franz Czepek (Snr)/Franz Czepek (Jnr) (Special) - Chenowth
- Neil Woolridge/ Kenny Skjoldhammer (Production) - Ford
2002 - Hannes Grobler / Richard Leeke (Production) - Nissan
- Greg Daus / VZ van Zyl (Special) - Raceco
2003 - Hannes Grobler / Richard Leeke (Production) - Nissan
- John Weir-Smith / Geoff Minnitt Special) - Jimco
2004 - Hannes Grobler / Richard Leeke (Production) - Nissan
- Atang Makgekgenene / Buks Carolin (Special) - Jimco
2005 - Alfie Cox/Ralph Pitchford (Production) - Nissan
- Atang Makgekgenene/Buks Carolin (Special) - Jimco
2006 - Hannes Grobler / Francois Jordaan - Nissan
- Nick & Ryan Harper - BAT
2007 - Duncan Vos / Richard Leeke - Nissan
Karl-Heinz Sullwald / Quintin Sullwald - Zarco

 16 images
236454
236454
234279
234279
234159
234159
223795
223795
178000
178000
177998
177998
177996
177996
176061
176061
155137
155137
135889
135889
111625
111625
109866
109866
69647
69647
66625
66625
58630
58630
8151
8151



Tags | 2008 TOYOTA 1000 Desert Race - Gaborone | Motorsport | Cross Country Commission (Media) |