document : Twee in ‘n ry vir Variawa/Rousseau


Twee in ‘n ry vir Variawa/Rousseau
information supplied by: Cross Country Commission (Media) 27 July 2008

Sun City – Die voormalige Suid-Afrikaanse kampioen, Shameer Variawa en Siegfried Rousseau, het dit twee in ‘n ry gemaak toe hulle die Spesiale Voertuigkategorie van die Sun City 400, die vyfde ronde van die Absa-Veldrenkampioenskap wat Saterdag by Sun City geëindig het, gewen het.

Variawa en Rousseau, in die Total Motorsport-Porter, het hul onlangse oorwinning van die Toyota 1000-Woestynren met ‘n empatiese oorwinning van een van die taaiste byeenkomste op die veldrenkalender, opgevolg. Variawa en Rousseau was uiteindelik net oor twee minute voor die buiteperde, Colin Matthews en Alan Smith in die Century Racing-BAT tuis.

Die finale podiumposisie het aan die pa- en seun-kombinasie van Nick en Ryan Harper in die Atlas Copco-BAT behoort wat 85 sekondes verder agter was. Die bestendige Mike Whitehouse en Mathew Carlson (Regent Racing-BAT) en Karl-Heinz en Quintin Sullwald in die Sullwald Racing-BAT, wat op beide van die twee sirkelroetes waaruit die ren bestaan het gerol het, het die top vyf afgerond na ‘n ren vol intriges en geluk wat gedraai het.

Die geluk het verder gedraai toe Whitehouse en Carlson gediskwalifiseer is omrede hulle nie by die toneel gestop het waar die Sullwalds gerol het nie.

Variawa en Rousseau, wat agter die voorrenwenners, Nick en Ryan Harper in die Atlas Copco-BAT weggespring het, het beheer van die ren tydens die tweede sirkelroete oorgeneem. Die huidige SA-kampioene, Hutchison en Bergmann, het uitgeval na ‘n reeks pap bande en hul seisoen is aan skerwe.

“Dit was ‘n goeie naweek vir ons en die kampioenskap is nou baie interessant,” het Rousseau gesê. “Ons het nie een keer die hele dag uit die voertuig geklom nie en dit is hoe veldrenne gewen moet word.”

Mathews en Smith, wat die beste resultaat van hul loopbane aangeteken het, het sesde weggespring en die spanne voor hulle stelselmatig ingehaal. Tussen hul slagoffers was die voormalige SA-kampioen, Terence Marsh en Pieter Groenewald in ‘n tweede Regent Racing-BAT, Whitehouse/Carlson en die Harpers.

Die resultaat, met drie rondes van die kampioenskap wat nog oor is, veroorsaak dat die algehele en Klas A-titelsstryd interessant gebalanseer is. Sullwald en sy seun, Quintin, het die byeenkoms as die voorlopers in beide kampioenskappe aangepak, maar is nou gelyk met Marsh/Groenewald wat sesde klaargemaak het met Variawa/Rousseau en Whitehouse en Carlson wat uiteindelik die verrassings van die seisoen was.

‘n Goeie vertoning waartydens hulle sesde algeheel klaargemaak het, het aan die broers, David en Gary White die Klas P-sege in die Ruwacon-BAT besorg. Hulle het ‘n stewige voorsprong bo Nic Goslar/Richard Carolin (Men’s Health International Zarco) en die broers, Johan en Etienne Bezuidenhout in die Adenco-BAT.

Dit was ‘n gebeurtenisvolle ren vir die Kaapse broers wat ‘n spoorstangkop vier kilometer na die aanvang van die ren gebreek het. Die jonger broer, Etienne, het na die kuipe teruggehardloop om ‘n vervangingspart te kry en het weer na die gestrande voertuig teruggehardloop. Na haastige herstelwerk was die broers uiteindelik weer aan gang en het hulle sonder enige verdere probleme voortgejaag.

In een van die naelsbytstryde van die ren het Alistair Stubbs en Pieter de Wit Klas B in die Stafix Racing-Viper gewen. Dié paar het ‘n strawwe stryd met die huidige SA-kampioen, Jan Kraaij en Tiddo Voogt in die Keymax-BAT gewen met 51 sekondes wat dié twee spanne by die einde geskei het.

Die veteraan en voormalige kampioen, Giel Nel en Deon de Kock in die LUK Africa-Zarco Truggy, het nóg ‘n gedetermineerde vertoning gelewer. Dit het aan hulle die derde plek besorg en hulle steeds in voeling met die kampioenskap gelaat.

 8 images
217062
217062
216783
216783
216447
216447
216378
216378
216285
216285
216238
216238
216143
216143
216124
216124



Tags | 2008 Sun City 400 | Motorsport | Cross Country Commission (Media) |