document : Kos en Bome vir Afrika en Nasionale Energiedoeltreffendheidsagentskap steun Kus-tot-Kusuitdaging


Kos en Bome vir Afrika en Nasionale Energiedoeltreffendheidsagentskap steun Kus-tot-Kusuitdaging
information supplied by: Peugeot South Africa 16 October 2008

Kos en Bome vir Afrika (FTFA) en die Nasionale Energiedoeltreffendheidsagentskap (NEEA) het met Peugeot en Total saamgespan om die Kus-tot-Kusuitdaging te ondersteun.

FTFA werk aan omgewingsinstandhouding in Suid-Afrika en bied dwarsdeur die jaar `n aantal programme aan waarin bome in agtergeblewe gemeenskappe regdeur die land geplant word.

Die NEEA is `n afdeling van die Sentrale Energiefonds wat in staatsbesit is. Sy breë opdrag is om die vooruitgang van tegnologie te bevorder asook gedragsverandering wat die algehele verbruik van energie verminder – hetsy dit vloeibare brandstof of elektrisiteit is.

Mike Wilson, Bemarkingsbestuurder van Peugeot Motors Suid-Afrika sê : “Kos en Bome vir Afrika en die Nasionale Energiedoeltreffendheidsagentskap se doelwitte pas netjies by ons eie in, wat is om mense te help om hulle impak op die omgewing te verminder. `n Vennootskap met hulle in die Kus-tot-Kus beteken dat ons almal by die Uitdaging kan baat. Omgewingskwessies saam met die langtermynvoorspellings dat brandstofpryse gaan bly styg, beteken dat mense daaraan moet dink hoe hulle kilometers uit elke tenk kan pers,” voeg hy by.

Jeunesse Park, stigter en hoof uitvoerende beampte van FTFA sê : “Die Kus-tot-Kusuitdaging is `n treffende konsep wat `n aantal omgewingskwessies uitlig wat ons vasbeslote is om op die openbare agenda te hou. Kommer dat ons reeds vir te lank die planeet en ons omgewing roekeloos beskadig, het randkwessies gebly, maar dit begin nou die middelpunt vorm. Die Kus-tot-Kus speel sy rol deur noodsaaklike omgewingskwessies te benadruk wat mense rondom die wêreld duur te staan kan kom.”

Barry Bredenkamp, Bedryfsbestuurder van die NEEA, sê : “Die gemiddelde maandelikse brandstofrekening vir `n Suid-Afrikaanse motoris het vanaf R672 tot meer as R1 300 gestyg. Dis `n sprekende statistiek en een wat ekonomievoorspellers glo op die lang termyn meer akuut sal raak. Met hierdie soort prysstygings, moet Suid-Afrikaanse verbruikers reeds vrede maak met die feit dat hulle meer uit elke tenk moet haal – die Kus-tot-Kusuitdaging neem brandstofdoeltreffende verbruik tot die uiterste, maar dit demonstreer nog steeds die gedragsveranderinge wat ons almal moet maak om brandstofdoeltreffendheid te verbeter.”

Total Suid-Afrika se Korporatiewe Bemarkingsbestuurder, Reina Cullinan, sê : “Total Suid-Afrika doen dit alles om die uitwerking van ons klante se noodsaaklike ritte te verminder deur skoner brandstof aan omgewingsbewuste motoriste te bied. Ecodiesel Premium Plus is ons jongste brandstof en het teen 50 dele per miljoen, een van die laagste swawelinhoude op die mark. Die Kus-tot-Kusuitdaging bied `n uitstekende toetsgrond vir Ecodiesel Premium Plus aangesien dit sal wys hoe tegnologiese ontwikkelings in beide die brandstof en die voertuig saam met doeltreffende bestuur ingespan kan word om verdere besoeke tussen die pompe af te lê.”

 4 images
226656
226656
226654
226654
226652
226652
226644
226644
 



Tags | Coast2Coast Challenge | Peugeot South Africa | Industry News |