document : “RC..” Omgewingsvriendelike doeltreffendheid kombineer met ‘n passie vir motorry


“RC..” Omgewingsvriendelike doeltreffendheid kombineer met ‘n passie vir motorry
information supplied by: Peugeot South Africa 21 August 2008

Die “RC...”. waarvan sy volle naam by die Parys Motorskou onthul sal word, is ‘n konsepmotor gebore uit die passie en kundigheid van Peugeot se stilleerders en ingenieurs. Hierdie “GT” koepee is die verlore skakel tussen die RC en konsepmotors wat in 2002 onthul is, en die 908 RC, een van die sterre van die 2006 Parys Motorskou. Dit is ‘n ware laboratorium vol toekomstige idees wat verskeie stilistiese, tegnologiese en denkwyses wat met ingenieurswese gepaard gaan, in ‘n enkele motor saamvat.

Die “RC...” is ‘n toeganklike en veelsydige motor met vier deure, vier sitplekke, en innoverende hibriede agitektuur.

Sy doelwit is om hoë vlakke van doeltreffendheid te bereik beide in terme van verrigting (met sy potensiële 230kW) en minimale impak op die omgewing (CO2 uitlaatgasse van slegs 109 g/km in die gekombineerde siklus en nul in die elektriese modus)

Dit is ‘n opwindende, eko-vriendelike voertuig met al die eienskappe wat ‘n ware passie vir motorry skep. Hierdie idees demonstreer dat respek vir die omgewing en bestuursgenot wel oor die weg kan kom

 5 images
219682
219682
219681
219681
219680
219680
219679
219679
219678
219678



Tags | Environmental efficiency combined with motoring passion | 2008 Peugeot 'RC' GT Coupe Concept | Peugeot South Africa | Model Announcements |