document : UITSTEKENDE SEKURITEIT VIR DIE TOYOTA FORTUNER


UITSTEKENDE SEKURITEIT VIR DIE TOYOTA FORTUNER
information supplied by: Toyota South Africa Product 27 February 2006

Die nuwe Toyota Fortuner spog met topklas-sekuriteit. Diefweerbeskerming word verleen deur 'n transponder-immobiliseerstelsel. Die stelsel vereis dat die kode wat deur die sleutel gesein word, ooreenstem met die wat in die Enjinbeheereenheid (EBE) geberg word. Tensy die oorspronklike sleutel gebruik word, sal die enjin nie aanskakel nie. Die Fortuner is ook toegerus met 'n indringingsalarm.

'n Antennaspoel rondom die aansitsleutel se silinder ontvang die enkripsie-ID-kode wat gesein word van die transpondermikroskyfie in die sleutel. As hierdie kode ooreenstem met die in die voertuig se EBE word die immobiliseerder afgeskakel en die ontsteking- en die brandstofinspuitstelsel geaktiveer sodat die enjin aangeskakel kan word wanneer die bestuurder die sleutel draai.
Attachments
UITSTEKENDE SEKURITEIT VIR DIE TOYOTA FORTUNER.doc (24kB)


 1 images
137390
137390
       



Tags | Toyota Fortuner | Toyota South Africa Product | Model Announcements |