document : TOYOTA FORTUNER - TEGNIESE BESONDERHEDE


TOYOTA FORTUNER - TEGNIESE BESONDERHEDE
information supplied by: Toyota South Africa Product 27 February 2006

Die nuwe Fortuner-sportnutsvoertuig, vlagskip van Toyota se toonaangewende IVV-projek, spog met 'n algeheel nuwe ontwerp wat voortbou op die erfenis van die Hilux as die historiese klasstandaard vir geharde duursaamheid. Die voertuig het 'n gevorderde buite-ontwerp wat gehardheid en gespierdheid in die ware SNV-tradisie uitstraal.

Die IVV-ontwerp is gegrond op 'n geharde leerraamonderstel. Die hoofbalke is 90 mm breed en 160 mm hoog. Strategies geplaaste dwarsbalke verminder wringkragte en verbeter die hanteringseienskappe. Hoesterktestaal word gebruik vir die onderstel en dit, tesame met die groter balkdeursnee en strategies geplaaste dwarsbalke, verbeter die algehele rigiditeit en sterkte van die voertuig.
Attachments
TOYOTA FORTUNER - TEGNIESE BESONDERHEDE.doc (38kB)


 3 images
137418
137418
137417
137417
137416
137416
   



Tags | Toyota Fortuner | Toyota South Africa Product | Model Announcements |