document : OMVATTENDE REEKS BYBEHORE VIR DIE NUWE FORTUNER


OMVATTENDE REEKS BYBEHORE VIR DIE NUWE FORTUNER
information supplied by: Toyota South Africa Product 27 February 2006

Die nuwe Toyota Fortuner word bekend gestel met 'n omvattende reeks topklas-bybehore, goedgekeur deur die Toyota-Motorkorporasie (TMK). Die aanvanklike reeks bestaan uit meer as 60 eksklusiewe items, almal ontwikkel en omvattend getoets vir die nuwe Fortuner. Die reeks bestaan uit bybehore vir die buite- sowel as die binnekant.

"Die goedgekeurde reeks bybehore vir die Fortuner is vervaardig in ooreenstemming met die nuwe globale vervaardigingsbeleid van die TMK vir die IVV-voertuigreeks," se Piet van Wyk de Vries, Toyota SA se Senior Vise-President, Klantdiens. "Ons het die reeks bybehore ontwikkel uit die internasionale mandjie opsies tot ons beskikking plus 'n mengsel van plaaslik vervaardigde en ingevoerde items. Almal voldoen aan die globale IVV-vereistes waarvolgens die hoogste gehalte gekombineer word met waarde vir geld.
Attachments
OMVATTENDE REEKS BYBEHORE VIR DIE NUWE FORTUNER.doc (24kB)


 2 images
137409
137409
137407
137407
     



Tags | Toyota Fortuner | Toyota South Africa Product | Model Announcements |