DIE FORTUNER - 'N UNIEKE WAARDEPAKKET VAN TOYOTA
information supplied by: Toyota South Africa Product
27 February 2006
Die Fortuner, Toyota se jongste aanbieding in die mark vir sportnutsvoertuie (SNV), is gebou op die maatskappy se globale IVV-platform (Innoverende Internasionale Veeldoelvoertuig) en bied kopers 'n unieke waardepakket.
Die Fortuner, propvol glanskenmerke, spog met ware SNV-eienskappe wat die SNV-ondervinding aan 'n splinternuwe groep klante bekend stel. Kopers wat voorheen net-net nie die prys van 'n SNV kon bybring nie, kan nou danksy die Fortuner die genot en opwinding van 'n ware SNV ervaar vir net effens meer as wat hulle byvoorbeeld vir dubbelkajuitbakkie sou betaal. Die sleutel tot hierdie bekostigbaarheid is die unieke vervaardigingsfilososie � laer vervaardigingskoste en optimum-vervaardigingsdoeltreffendhede -- wat met die IVV-voertuigreeks in bedryf gestel is.
Attachments
DIE FORTUNER - 'N UNIEKE WAARDEPAKKET VAN TOYOTA.doc (25kB)